Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug

Loading player...
Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare in die Krugerwildtuin. Ons hoor ook watter Suid-Afrikaanse span Frédéric Michalak glo die beste gaan vaar in die Kampioeneliga. Jóhann Thormählen vertel hoe die atmosfeer by die Kaapstad-sewestoernooi was. En hier is ’n triviavraag vir jóú: Vanjaar het vyf Proteas hul eerste toetshonderdtalle geslaan. Die jaar met die vorige meeste debuut-honderdtalle was in 2016, toe drie Protea-kolwers die eerste keer dié mylpaal bereik het. Wie was dié drie kolwers? Laat weet ons by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787.
11 Dec 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen

Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”. Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of…
15 Jan 31 min

Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!

Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks…
8 Jan 28 min

George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak

As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie…
18 Dec 2024 29 min

Só help Peyper vir Rassie in geveg om Bok-wapens te behou

In dié week se Rapport Praat Sport sluit Jaco Peyper – die Springbokke se reël-adviseur, oftewel blaser-breier – hom by ons aan en gesels oor alles van Jerry Flannery se Afrikaans tot sy eie rol aan Rassie Erasmus se sy. Tinus van Staden en Jóhann Thormählen praat ook oor hoe…
4 Dec 2024 30 min