Episode 35 | 'Skielik stap jy uit met ’n ‘ons’ storie’ - Dr Braam Hanekom oor 100DorpeDialoog

Loading player...
Trauma, bitterheid en seer onverwerkte gevoelens lê onder die vernis van elke
gemeenskap in Suid-Afrika. Dan gebeur daar ’n insident, soos gebeur het in Senekal in 2020, en bars die hele ding uit.
Dit is een van die grootste lesse wat hy geleer het met die 100DorpeDialoog-inisiatief, vertel dr Braam Hanekom, direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis, ’n projek van Getuienisaksie.
Hy vertel hierdie inisiatief met die doel om sosiale kohesie, soos hy dit verwoord
“menskapitaal”, te bou het hom en sy span in die laaste sowat ses jaar geneem na meer as 70, selfs dalk soveel as 80 dorpe en gemeenskappe. Van Stellenbosch tot Atlantis. Van Graaff-Reinet tot Van Wyksvlei en selfs sover as die myngemeenskap van Witbank (eMalahleni deesdae) op die Hoëveld van Mpumalanga.
Daar was ook al drie streeksdialoë in samewerking met die Duitse Konrad-Adenauer-Stiftung.
Dié projek het vir hom gewys watter mooi stories kan begin ontvou wanneer mense van ’n gemeenskap, wat nie met mekaar praat nie, vir een dag of aand ’n kamer deel en begin praat oor uitdagings wat almal raak en hoe hulle dit saam kan aanpak.
9 Dec 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min