SANParke paraat vir stropers die feestyd

Loading player...
SANParke sê daar was onlangs ‘n toename in stropery in die Krugerwildtuin. Die woordvoerder, Ike Phaahla, sê die stel van strikke en vergiftiging van diere het veral toegeneem. In reaksie sal toesig by toegangshekke die feestyd verhoog word. Ander misdaadvoorkomingsinisiatiewe sluit in die nagaan van voertuie in die park, die gebruik van tegnologie soos nommerplaat herkenning en radar, die verhoogde inspanning van honde-eenhede en ‘n toename in patrollies deur veldwagters.
6 Dec 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min