SANParke stel hek-kwotas in vir Krugerwildtuin

Loading player...
SANParke gaan hekkwotas instel vir dagbesoekers aan die Nasionale Krugerwildtuin gedurende die feestyd. Dit geld vandaf 15 Desember. Besoekers word aangeraai om vooraf aanlyn te bespreek of via SANParke-besprekings. Tydgleuwe sluit in half-ses tot agtuur soggens, van agt tot tien voormiddag, en na 10-uur. Die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, sê vooraf besprekingsfooie word gehef en bewaringsfooie is verpligtend. Voertuie sonder nommerplate word nie toegelaat nie en besoekers word gemaan om die parkreëls te gehoorsaam vir ʼn veilige en aangename ervaring.
2 Dec 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min