Man sit lewenslank weens moord

Loading player...
Die Kwaggafontein-streekhof het die 32-jarige Godfrey Boesman Mashiane lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en ’n bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Dit volg op 'n voorval in Januarie 2022 by Vlaklaagte waarheen hy die slagoffer, Aaron Sikhosana, onder die voorwendsel van 'n werksgeleentheid gelok het. Sikhosana is verskeie kere in die bolyf en nek gesteek. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga, Monica Nyuswa, het die hof bevind Mashiane het met 'n gemeenskaplike doel saam met onbekende medepligtiges opgetree om Sikhosana te beroof en te vermoor.
27 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min