Twee kry lewenslank vir moord op taxi-baas

Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het sy eiendom besoek onder die dekmantel van die aankoop van beeste toe hulle hom geskiet het. Die NVG-woordvoerder, Monica Nyuswa, sê vier mans is aanvanklik aangekla, maar die een is intussen oorlede en die ander het 'n staatsgetuie geword.
20 Nov 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min