Mpumalanga premier mik vir skoon oudit

Loading player...
Die Mpumalanga Premier, Mandla Ndlovu, sê sy Kantoor is vasbeslote om ‘n skoon oudit te behaal. Hy het vanoggend voor die Gekose Komitee oor Openbare Rekeninge in die wetgewer verskyn. Hy was vergesel deur die waarnemende direkteur-generaal, Peter Nyoni, en ander senior bestuurders om antwoorde te verskaf met betrekking tot die Ouditeur-Generaal se ouditverslag van die 2022/23 finansiële jaar. Die Kantoor van die Premier het ‘n ongekwalifiseerde ouditopinie behaal.
19 Nov 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min