Mevrou en die skommel vir die rommel trommel

Loading player...
Mevrou is besig met planne om die huis skoon te kry vir die nuwe jaar, en deel hiervan is om ontslae te raak van als wat nie meer gebruik word nie. Die reuse vullis drom is bestel om vir drie dae in die oprit te staan sodat al die opgaar goed weg gegooi kan word. Dis egter makliker gesê as gedaan want in dié Mevrouens se huise is dit maar moeilik om enige iets weg te gooi, maak nie saak hoe stukkend of lang vergete dit is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is egter vas beslote dat daar dié jaar geen genade gaan wees nie – die rommel trommel seisoen is hier …..
18 Nov 2024 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou onthul hoe 2025 moontlik haar lewe gered het

Mevrou kyk terug op die jaar wat was, en al die kere wat dit gevoel het of daar ’n slang was wat reg gelê het om te pik. Dié jaar was egter nie net een van weg hardloop van slange nie, Mevrou het ook ’n paar goeie lesse geleer en…
14 Dec 24 min

Mevrou beplan ‘n Desember partytjie om wraak te neem teen die bure

Mevrou is hierdie Fees Seisoen by die huis, en is besig met ’n plan vir ’n groot Desember swembad partytjie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het agter gekom hulle het tussen die twee van hulle ’n rook masjien en ’n disko bal wat hulle nou wil inspan vir ’n…
1 Dec 19 min

Mevrou skinder oor wat op die Whatsapp groepies gesê word

Mevrou het met ’n skok agter gekom dat haar gesin van drie nie hulle eie Whatsapp groepie het nie! Hoeveel Whatsapp groepies moet mens hê en wanneer kan jy maar jouself afhaal en die groepie toemaak? Gerda de Sousa en Dianne Broodryk delf in die status van hulle Whatsapps in…
24 Nov 23 min

Mevrou kry lelik stry oor die lys vir Kerspersente

Mevrou is besig met die laaste beplanning vir Kersfees – en heel bo-aan haar lys van wat om nog te doen, is die Kersfees geskenke. Wie kwalifseer vir ’n persentjie onder die Kersboom? Dianne Broodryk staan vas net dié lede van die familie wie saam met hulle is op Kersdag,…
17 Nov 24 min