Vier polisiebeamptes wat glo miljoen-Rand steel gearresteer

Loading player...
Vier polisiebeamptes verskyn na verwagting vandag in die Nelspruit-landdroshof vir diefstal en regsverydeling. Die drie mans en ‘n vrou is gister in Barberton gearresteer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle ‘n betaalmeester van onwettige mywerkers se huis deursoek en op 1-miljoen-800-duisend-Rand in kontant afgekom. Hulle het die man se seun in die polisieselle toegesluit, maar niks ingeteken of ‘n saak geregistreer nie. Hulle het later teenoor misdaadintelligensie beweer hulle het slegs 200-duisend-Rand gekonfiskeer. Hulle is gearresteer na die seun ‘n saak teen hulle geopen het.
15 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min