Mkhuhlu-hoftolk vyf jaar tronk toe weens bedrog

Loading player...
‘n Voormalige hoftolk is tot vyf jaar direkte gevangenisstraf gevonnis weens bedrog. Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag was die 43-jarige Buzizwe Zizwe Zitha by die Mkhuhlu-landdroshof werksaam. Hy is in April 2021 gearresteer na hy omkoopgeld gevra het van ‘n man wat van huishoudelike geweld aangekla is. Hy is in totaal 11-duisend-200-Rand betaal om die sake teen hom te laat terugtrek. Zitha is gister deur die Hof vir Gespesialiseerde Kommersiële Misdade in Nelspruit gevonnis.
14 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min