Tiener gearresteer wat glo gemeenskaps-polisiërings-lede in Masoyi aanval

Loading player...
‘n 17-jarige is gearresteer omdat hy na bewering Maandagaand ‘n lid van die gemeenskaps-polisiëringsforum in Masoyi doodgesteek het. Die 35-jarige Difference Fankomo was ‘n patrolleerder vir die GPF. Nog twee lede is in die aanval gewond en word in die hospitaal behandel. Volgens die polisie is daar op die vermeende moordwapen beslag gelê. Die tiener word moontlik ook verbind met ‘n ander moord, op ‘n 50-jarige man, in Augustus verlede jaar. ‘n Saak van moord en twee van poging tot moord word teen hom ondersoek. Hy sal binnekort in die hof verskyn.
13 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min