Twee wat glo geld kan verdubbel bly in aanhouding in Nelspruit

Loading player...
Twee mans het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van onder meer bedrog. Bosco Owino en Robert Ssebataazi, burgers van Uganda, is Vrydag aangekeer. Volgens die Valke het hulle hul verhuurder oorreed om sy erfgeld vir hulle te gee, wat hulle dan sou verdubbel. Hulle het glo ook veral vroue wat vir die regering werk, geteiken om te bedank en hul pensioenfondse aan hulle oor te betaal - om te verdubbel. Daar is tydens die deursoek-operasie op 'n groot bondel swart papiergeldnote, drie bottels chemikalieë en ‘n staalkluis beslag gelê. Die Valke vra ander slagoffers van die sogenaamde "Black Dollar"-skema om na vore kom. Die beskuldigdes verskyn Woensdag weer in die hof.
12 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min