Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word

Loading player...
Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na bewering aangeval het. Die beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word ook aangekla vir die besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê die saak is uitgestel tot 6 Januarie.
8 Nov 2024 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min