Rapport Praat Sport | Heyneke Meyer verduidelik Tonybôl en Duhan se ma sê: Watch this space...

Loading player...
Die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer gesels vandag saam met Hendrik Cronjé en Tinus van Staden oor alles van rugby in Amerika tot die geheime van Bok-hardlooprugby. Hy dink terug aan van die spelers wat hy gebrei het: Van Joost van der Westhuizen tot Fourie du Preez, Victor Matfield en Handré Pollard. Ons wonder hardop waarom Rassie sy span-aankondiging na Vrydag geskuif het, en verwelkom ook nóg ’n spesiale gas op die program – Dulene van der Merwe, ma van die Skotse vleuel Duhan. Sy praat ’n bietjie oor die Stormers-gerugte, en Duhan se driedruk-rekord. Ons sluit af met ’n spesiale verslag deur “Zandberg Jansen 2.0”.
6 Nov 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’

Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het.
25 Mar 29 min

JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg?

Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste…
18 Mar 21 min

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke…
11 Mar 26 min

Proteas gaan nie ‘choke’ nie

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie.
25 Feb 26 min