Woord vir Vandag - 10 Nov 2024

Loading player...
“Moenie kwaad word nie; laat staan liewer jou woede.” Psalm 37:8 NLV

Vergifnis kom eerste, gevoelens later
Klein oortredings kan maklik vergewe word. Wanneer iemand ons egter baie seermaak en lyk of hulle daarmee wegkom, kan vergifnis ‘n groot uitdaging wees. Totdat jy die oortreding vergewe en dit laat gaan het, sal jy voortdurend voel hoe die gewig daarvan jou afdruk. Een van die grootste foute wat jy kan maak as dit by vergifnis kom, is om te dink dat wanneer jou gevoelens teenoor iemand nie dadelik verander nie, jy hulle nog nie regtig vergewe het nie. Nee, vergifnis is ‘n besluit. Dis ‘n daad van jou wil. Jy mag dalk steeds met gevoelens van seer en gegriefdheid sukkel. Dit maak nie jou besluit om te vergewe ongeldig nie; dit beteken slegs dat genesing tyd neem. Jou genesing begin die oomblik wat jy besluit om te vergewe. Die Bybel sê: ‘Raak saam met alle ander slegte dinge ontslae van alle bitterheid… Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het’ (Efesiërs 4:31-32 NLV). Wanneer jy jou deel, om te vergewe, gedoen het moet jy God vertrou om sy deel, om jou emosies te genees en jou vrede en vreugde te herstel, te doen. Jy het die mag om die besluit om te vergewe te maak, maar net God het die mag om jou gevoelens teenoor die persoon wat jou seergemaak het, te verander. Vertrou dus op God om jou hart te verander. Jou gevoelens sal uiteindelik volg en in lyn met jou besluit kom. Intussen: ‘Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom. Moenie die mens beny wat op sý manier floreer, of jou verknies oor sy bose planne nie. Moenie kwaad word nie; laat staan eerder jou woede. Moenie ander beny nie; dit lei net tot jou nadeel’ (Psalm 37:7-8 NLV).
9 Nov 2024 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 30 Sep 2026

“Confess your faults one to another.” James 5:16 KJV Admit your shortcomings It seems that everywhere you turn today, somebody is making an excuse for his or her poor choices, performance, or behaviour, or failing to admit a weakness or shortcoming. Yet we all make mistakes. One of the best…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 30 Sep 2026

“Daarom moet julle julle sondes teenoor mekaar bely…” Jakobus 5:16 NLV Erken jou tekortkominge Dit voel of daar vandag om elke hoek en draai iemand is wat ‘n verskoning vir sy of haar swak keuses, prestasie of gedrag maak, of versuim om hul swakhede of tekortkominge te erken. Tog maak…
17 Aug 2 min

Word for Today - 29 Sep 2026

“He then turned away to someone else.” 1 Samuel 17:30 NIV How to deal with discouragers The first person who tried to discourage David from fighting Goliath was his own brother. “Eliab…burned with anger at him and asked, ‘Why have you come down here? And with whom did you leave…
17 Aug 1 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2026

“Hy gaan toe na iemand anders toe…” 1 Samuel 17:30 NLV Hoe om ontmoedigende mense te hanteer Die eerste persoon wat Dawid probeer ontmoedig het om teen Goliat te veg, was sy eie broer. ‘Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad…
17 Aug 2 min

Word for Today - 28 Sep 2026

“We know that in everything God works for the good of those who love him.” Romans 8:28 NCV God is working on your behalf The Bible begins with these words: “In the beginning God created the sky and the earth. The earth was empty and had no form. Darkness covered…
17 Aug 1 min