Ondersoek gelas na sterfte van tweejarige in Bosbokrand

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ander is hospitaal toe geneem vir behandeling. Twee is intussen weer ontslaan. Die polisie werk saam met gesondheidsorgkenners en ander rolspelers om beweringe te ondersoek oor kos wat die kinders vooraf sou geëet het.
31 Oct 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min