DA ontstoke oor gr. 3's se Afrikataal-onderrig

Loading player...
Die DA beplan om die Mpumalanga Onderwysdepartement by die Menseregtekommissie aan te gee omdat hulle nie Afrikataal-leesmateriaal aan leerders verskaf nie. Volgens die DA se Annerie Weber het die onlangse verslag van die Ouditeur-Generaal gevind 890 laerskole in Mpumalanga is nie vanjaar van graad 3-Afrikatale leesstof voorsien nie. Dit raak meer as 106-duisend leerlinge regoor die provinsie. Volgens Weber glo die DA dat die departement die leerders se grondwetlike reg op onderwys skend deur dit nie te verskaf nie.
25 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min