Polisie ondersoek voorval waar hond man glo doodbyt

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga ondersoek ‘n voorval waartydens ‘n man deur sy werkgewer se hond doodgebyt is. Die voorval het Vrydag by Marapyane in Mmamethlake plaasgevind. Volgens die polisie het die 58-jarige op die perseel gewoon en na die honde omgesien. Hulle is op hok gehou en is slegs vroeg-soggens vir ‘n paar uur uitgelaat. Die man het glo Donderdag uitgegaan en met sy terugkeer vroeg die Vrydag is hy aangeval. Die polisie beskryf die hond as ‘n pitbull. Die DBV het die hond Saterdagoggend van kant gemaak.
21 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min