Mpu Onderwys betaal spookwerkers R6m

Loading player...
Die DA versoek die Spesiale Ondersoekeenheid om die Mpumalanga Departement van Onderwys te ondersoek nadat dit aan die lig gekom het dat hulle meer as 6-miljoen-Rand in salarisse aan voormalige en afgestorwe werknemers in die 2023/24-boekjaar betaal het. Volgens Annerie Weber het dit in die Ouditeur-Generaal se verslag, gedateer 9 Oktober, na vore gekom. Weber sê die departementshoof, Lucy Moyane, moet aanspreeklik gehou word, aangesien sy sedert 2022 bewus was van die spookwerkers
16 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min