Rondawels brand af in die Krugerwildtuin

Loading player...
SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê se geen beserings is aangemeld.
15 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min