Polisie lê beslag op amper 5-miljoen-Rand se dagga

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van die dagga is aangeteken as 1-duisen-180-kilogram. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ’n 30-jarige man van die Koninkryk Eswatini in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
11 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min