Gershwin Mias vat grond met Skemergrond.

Loading player...
Skemergrond speel af in Gemoedsdrif, ’n klein dorpie in die Wes-Kaap, en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Ons maak kennis met die inwoners van Gemoedsdrif, en die plase in die onmiddellike omgewing, wanneer die aflewering van ’n brief lei tot groot spanning en gebeure wat die lewe van die Louw-familie onherroeplik gaan verander.Kevin Johannes (Gershwin Mias) is ’n entrepreneur met sy eie vervoermaatskappy. Hy vervoer elke dag die blomme van Everlasting na al die verskillende kliënte.
Skemergrond sal kykers vier aande ’n week vasgenael voor die kassie hou. Dié telenovelle begin op 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal ook beskikbaar wees op DStv Catch Up en DStv Stream.
9 Oct 2024 1PM English South Africa Leisure · Music

Other recent episodes

Van Karoo-stilte tot Japanse neon: ’n wêreld van kontraste op Leef Jou Reis

In hierdie splinternuwe seisoen neem Gerrie Pretorius kykers op ’n sielryke reis deur die uiterstes van die aardbol van die historiese mysteries van Roemenië en Transilvanië, deur die kulinêre en spirituele dieptes van Japan, na die prag van Noorweë en terug na die hartjie van die Karoo. Dit is nie…
8 Apr 1PM 9 min