Slagoffers genooi om afpersing by polisie aan te meld

Loading player...
Die waarnemende polisiekommissaris in Mpumalanga, Generaal-Majoor Zeph Mkhwanazi, doen ‘n beroep op slagoffers van afpersing om nie te skroom om die polisie daaroor te kontak nie. Dit volg na ‘n vrou die week in Kanyamazane haar afpersers by die polisie gaan verkla het. Twee verdagtes is aangekeer. Hulle het reeds in die hof verskyn. Die een is borgtog toegestaan, maar moet op 13 November weer verskyn op ‘n klag van kwaadwillige saakbeskadiging. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle beskou sake van afpersing in ‘n baie ernstige lig.
4 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min