Kragstasie-werknemer vasgetrek weens diefstal van koperkabels

Loading player...
‘n 36-jarige hoofinspekteur by die Tutuka-kragstasie is gister aangekeer weens die diefstal van koperkabels. Dit volg op die arrestasie vroeër die week van vier verdagtes in verband met die diefstal. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang van ‘n vragmotorbestuurder wat die kabels van Tutuka na Kriel-kragstasie moes vervoer, maar herlei is na ‘n plaas toe. Die vrou sal vandag nog in die hof verskyn. Die ander vier verskyn Maandag weer in die Evander-hof.
4 Oct 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min