DA hoop MEGA kry nie beheer oor Nkomazi SEZ nie

Loading player...
Die DA het aan LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Makhosazane Masilela, geskryf om te pleit dat sy nie die Nkomazi Spesiale Ekonomiese Sone as 'n openbare entiteit lys nie, omdat dit onder die beheer van die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei sal val. Volgens Trudie Grové-Morgan van die DA het die departement die groen lig gekry van die staatsprokureur om die SEZ as 'n filiaal van MEGA te vestig. Sy sê dit sal rampspoedig wees en die DA glo dat die Nkomazi SEZ eerder as 'n openbare entiteit onder die direkte beheer van Masilela en haar departement gelys moet word.
3 Oct 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min