Mpumalanga Premier doen beroep vir sterker maatreëls om MIV te bestry

Loading player...
Die Premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, sê ‘n sterker venootskap is nodig tussen die regering, die burgerlike samelewing en agentskappe om die voorkoms van MIV te bestry. ‘n Onlangse opname deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het getoon dat die provinsie die hoogste voorskom van MIV het in Suid-Afrika met 17-komma-4-persent. Ndlovu sê die navorsing moet gebruik word op te verseker hulpbronne is ontplooi na waar dit die nodigste is en dat gemeenskappe gemobiliseer moet word om vir MIV te toets en dan antiretrovirale medisyne te gebruik.
2 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min