Twee vandag in hof wat glo munisipale woordvoerder in Mpumalanga ontvoer en vermoor

Loading player...
Twee verdagtes verskyn vandag in die Emalahleni-hof weens die ontvoering en moord op die 64-jarige Kommunikasie-bestuurder van Nkangala-distrikmunisipaliteit, David Masombuka, Sondag. Volgens die polisie in Mpumalanga was hy van Kwamhlanga na Witbank onderweg, maar hy het nooit by sy bestemming aangekom nie. Sy voertuig is naby 'n vulstasie in Witbank opgespoor. Sy liggaam is daar naby in 'n bebosde area gevind. Drie verdagtes is Sondag vasgetrek en het gister reeds in die hof verskyn. Nog twee is Maandag aangekeer. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê hulle was glo in besit van sommige van Masombuka se persoonlike besittings.
2 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min