Mevrou se sonde met die bure

--:--
Die Mevrouens het al in baie buurte gebly – sommige van die bure word soos familie, maar dan is daar daai karakters wat mens laat wonder wat jy in jou vorige lewe gesondig het om dit te verdien. Of miskien was Mevrou se huishouding die bure met die sonde. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk onthou die bure wat die straat laat brul het, en nie van plesier nie. In dié episode praat die Mevrouens uit oor wat al in die agterplaas langsaan aanskou is ...
1 Oct 2024 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou pluk plesier uit plastiek plante

Die lente is hier en Mevrou meen daar is geen meer verskoning vir ’n huis sonder groen plante nie, selfs as van dié plastiek is. Die Mevrouens bieg dat hulle nou kunsmatige plante in potte het regoor die huis. Ja, dit voel nie reg nie, maar wat moet mens doen…
6 Oct 24 min

Mevrou se wenke vir die wenners

Die seisoen vir toekennings aande en werks funksies het aangebreek en die Mevrouens voel hulle het nou genoeg praktiese wenke in hulle handsakke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede. Watter skoene en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet is maar van die kosbare…
29 Sep 25 min

Mevrou sien rooi soos 'n ge-ignoreerde stop lig

Die Mevrouens is ontstoke omdat dit vir hulle voel of iemand die padreëls verander het, en hulle nooit ingelig het nie. Dis asof daai verkeers regulasies waaroor hulle dekades terug moes toets skryf om ’n lisensie te kon kry, net nie meer geld nie. Flikker ligte word nie meer gebruik…
23 Sep 22 min

Mevrou se nuwe plan vir die ou jaar

Die Mevrouens is terug en probeer sin maak van wat sover ’n besige jaar was – soos ’n swaar gelaaide weghol 4x4 bakkie wat net nie remme het nie. Vir Gerda de Sousa en Dianne Broodryk is die jaar nog lank nie verby nie en hulle skop die nuwe seisoen…
16 Sep 21 min

Die Mevrouens se dringende ingryping vir die nuwe seisoen

Die Mevrouens is terug vir ’n nuwe seisoen van hulle bekroonde potgooi! Ja, die jaar staan op sy kop, maar nee dit beteken nie dat hulle moet oorgee nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het besluit dis nooit te laat vir dringende ingryping nie. Daar is genoeg weke oor…
12 Sep 1 min