Mpumalanga-man lewenslange tronkstraf opgelê weens moord op sy ma, wat hy van heksery beskuldig het

Loading player...
‘n Man is vandag lewenslange tronkstraf met ‘n addisionele vyf jaar opgelê deur die Mpumalanga Hooggeregshof vir die moord in 2022 in Nsikazi op sy 64-jarige ma. Die 33-jarige Bongani Thulani Matsane het Thembi Ngwenya van heksery teen hom beskuldig. Hy het haar met ‘n skoffel aangerand en uiteindelik op haar bed aan die brand gesteek. Die hof het bevind sy skulderkenning was nie tekenend van enige berou oor sy dade nie.
20 Sep 2024 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min