Verdagte aangekeer vir aanval op Hollandse toeriste buite Barberton

Loading player...
‘n Verdagte sal Maandag in die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof na ‘n aanval Dinsdagoggend op twee Hollandse toeriste. Volgens die Valke het die paartjie op die R35 tussen Barberton en Badplaas gery toe drie aanvallers op hul huurmotor geskiet het. Die man is in die regterhand getref. Hulle is van persoonlike items soos selfone, bankkaarte en paspoorte beroof. Die 42-jarige man is gister, in besit van die items, gearresteer. Kaptein Dineo Sekgotodi sê twee verdagtes word nog gesoek.
13 Sep 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min