Rapport Praat Sport | Só kan Rassie se breker-bank teen Poemas lyk

Loading player...
Hendrik Cronjé is oortuig Argentinië se rekordsege oor Australië het Rassie Erasmus se planne so effens deurmekaar gekrap. Verwag dus ’n breker-Bomb Squad volgende naweek in Santiago. Hendrik, Tinus van Staden en Jóhann Thormählen probeer ook vasstel hóé die Bokke nóg ’n sege by die All Blacks weggestoei het; selfs al is daar meer by Suid-Afrika se afbreekpunte gesteel as uit die staatskas in die Zuma-jare. Ons wonder ook hoe die res van die wêreld dié Bok-span beskou, en vra sommer vir ’n Kiwi-joernalis om ons te vertel.
11 Sep 2024 Afrikaans South Africa Sports · Rugby

Other recent episodes

Rassie glo dis net kwessie van tyd voor Proteas ’n beker wen

Dié week op Rapport Praat Sport sluit die Protea- en MI Cape Town-kolwer Rassie van der Dussen hom by ons aan. Hy onthul dat sommige oorsese spelers in vorige reekse van die SA20-liga “bloot in Kaapstad was om vakansie te hou”. Laat weet asseblief wat jy dink by tinus.vanstaden@rapport.co.za, of…
15 Jan 31 min

Ons wens vir 2025: Bokke, snoer dáái Kiwi-gifpen se mond!

Die meeste Springbok-ondersteuners ken teen dié tyd al die naam Ben Smith... Daai Nieu-Seelandse rugbyskrywer wat nie ’n goeie woord oor die Bokke te sê het nie. In dié week se Rapport Praat Sport spreek ons die wens uit dat die Springbokke hom met twee wegseges oor die All Blacks…
8 Jan 28 min

George Linde wou krieket groet ná Protea-afjak

As hy nou terugkyk, glo George Linde hy moes ’n sielkundige gaan sien nadat hy op onverklaarbare wyse weggelaat is uit die Protea-groep vir die T20-Wêreldbeker-toernooi vir 2021. Maar nou is hy terug in die Protea-prentjie, en hóé! In dié week se Rapport Praat Sport vertel hy ook die staaltjie…
18 Dec 2024 29 min

Die dag toe Leeus-breier Cash van vlakvark moes vlug

Dit is nie toevallig dat Ivan “Cash” van Rooyen juis die Lééus se hoofafrigter geword het nie. Hy het immers tussen die Groot Vyf skoolgegaan. In dié week se Rapport Praat Sport gesels Hendrik Cronjé en Tinus van Staden met Van Rooyen oor die Leeus se opgang, en sy grootwordjare…
11 Dec 2024 29 min