Verkragter tot lewenslank gevonnis in Witbank

Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange vonnis verwelkom wat die eMalahleni-streekhof 'n 49-jarige man opgelê het vir die verkragting van 'n 14-jarige meisie. Sy is in November 2014 deur 'n onbekende persoon aangeval terwyl sy na haar tante se huis in Klarinet gestap het. Die polisie-ondersoek het gelei tot die arrestasie van Patrick Nyaisi Mtsweni in 2023 nadat DNS hom met die oortreding verbind het. Die woordvoerder van die NVG in Mpumalanga, Monica Nyuswa, sê Mtsweni het skuldig gepleit.
29 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min