DA vra dat Openbare Werke staking deur skoliere-vervoer-operateurs verhoed

Loading player...
Die DA het aan die Mpumalanga Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer geskryf en hulle versoek om Skolevervoer-operateurs te betaal voordat hulle begin staak en leerders gestrand laat. Sommige vervoeroperateurs in die Gert Sibande-distrik dreig ook met regstappe omdat hulle nie betaal word vir dienste wat tussen Februarie en Julie 2024 gelewer is nie. Teboho Sekaledi, 'n DA-lid in die provinsiale wetgewer, se een operateur in Standerton word 'n allemintige R3.3 miljoen verskuldig.
29 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min