DA besorgd oor stygende misdaad in Mpumalanga

Loading player...
Die DA sê Mpumalanga het die hoogste persentasie van mense wat onveilig voel. Dit is volgens Statistieke Suid-Afrika se Slagoffers van Misdaad-verslag wat gister bekendgemaak is. Teboho Sekaledi, ‘n lid van die provinsiale wetgewer, sê het 74,7% van inwoners in Mpumalanga aangedui hulle voel onveilig om snags in hul eie woongebiede rond te loop. Dit is hoër as die Wes-Kaap se 70,6 en Gauteng se 69,7%. Die meeste mense het ook in Mpumalanga aangedui hulle is op straat beroof.
28 Aug 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min