Vrou in Nelspruit gevonnis weens nagemaakte goedere

Loading player...
‘n Mosambiekse vrou is gister deur die Nelspruit-streekshof tot 12 maande tronkstraf gevonnis vir oortreding van die Doeane- en Aksynswet. Emmelda Simiao Manhica is in Januarie 2017 saam met ‘n ander vrou by die Viva-vulstasie in Schoemanskloof betrap met vervalste goedere ter waarde van ‘n geraamde 170-duisend-Rand. Haar medepligtige, Luisa Pedro Gulele, is in 2017 reeds gevonnis. Gulele het op die vlug geslaan. Sy is verlede maand herarresteer en het skuldig gepleit in die hof. Monica Nyuswa, die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga:
28 Aug 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min