Ondersoek na mortier-ontploffing lewe eis in Mpumalanga

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga ondersoek die oorsaak van ‘n ontploffing wat gister ‘n 40-jarige man se lewe geëis en ‘n ander ernstig beseer het. Die polisie vermoed hulle het probeer om koper uit ‘n mortier te haal toe dit ontplof het. Die voorval het plaasgevind by wat vermoed word ‘n ou militêre basis is in Mhluzi, Wes van Middelburg. Die beseerde man word in die hospital behandel.
26 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min