Episode 26 | Jaco Strydom - Stories, nagstukkies en doegongs

Loading player...
Hy is al lankal gefassineer deur die doegong, ’n rare en misterieuse seedier van die Ooskus van Afrika. So vertel predikant en skrywer Jaco Strydom wat pas sy eerste storieboek, Daka, gepubliseer het.

Hy het hierdie soogdier, wat verbind word met die legendes oor meerminne, ingebring as ’n mistieke element in sy fiksiedebuut, vertel die NG dominee wat reeds verskeie geestelike boeke agter sy naam het. Dit is ook ’n eerlike boek van ’n ou se worsteling wat deur ’n baie moeilike tyd gaan. So vertel hierdie skrywer wat glo stories help ons om goed raak te sien en dat die Christelike lektuur kan doen met meer honesty soos wat ’n mens kry in die Bybel. Meer “nagstukkies” saam met al die dagstukkies.
23 Aug 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min