DA pleit dat MEGA Tekwane Sitrus nie sluit nie

Loading player...
Die DA het die Portfoliokomitee vir Ekonomiese Ontwikkeling in Mpumalanga gevra om MEGA te verhoed om plaaswerkers by die Tekwane Sitrusplaas af te lê. Volgens Trude Grové-Morgan van die DA sal dit werkloosheid onder die jeug, wat reeds ‘n kommerwekkende 46.4% is, vererger.
Die plaas word deur die Mpumalanga Agentskap vir Ekonomiese Groei besit en beplan na bewering om dit volgende maand te sluit. Dit raak 45 permanente werknemers.
22 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min