Onderwyser geskors wat leerling se hare sny

Loading player...
Die Mpumalanga Departement van Onderwys het ‘n voorval ten sterkste veroordeel waartydens ‘n onderwyser van LD Moetanalo Hoërskool in Mhluzi in Steve Tshwete-munisipaliteit ‘n leerling se vlegsels in die klas afsny. Die video is op sosiale media versprei. ‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê die onderwys is voorlopig geskors terwyl hulle die omstandighede ondersoek wat tot die voorval gelei het. Hy sê onderwysers behoort te alle tye in die beste belang van leerlinge op te tree. Die leerlinge wat deur die voorval geraak is, sal berading ontvang.
22 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min