Munisipale amptenare skuldig bevind aan bedrog

Loading player...
Die Hof vir gespesialiseerde kommersiële misdade in Middelburg het ‘n voormalige projekbestuurder en voormalige administratiewe klerk van Dr Pixley Ka Seme-munisipaliteit skulldig bevind aan bedrog en geldwassery.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag is Luthando Mpangeva en Mxolisi Evidence Hadebe saam met ‘n sakeman aangekla wat skuldig gepleit het. Hulle het in 2018 bedrieglike vakture van Evoke Trading aan die munisipaliteit voogehou vir dienste wat nie gelewer is nie. Die het die plaaslike owerheid meer as 150-duisend-Rand gekos. Die saak is uitgestel na 24 Oktober vir voorvonnis-verrigtinge. Die woordvoerder van die NVG, Monica Nyuswa:
22 Aug 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min