Broer en twee susters bly in aanhouding na arrestasie weens moord op bejaarde pa in Balfour

Loading player...
Twee susters en hul broer het gister in die Balfour-hof verskyn op 'n aanklag van moord. Volgens die Mpumalanga polisie het Pat Molefe, Nnana Molefe en Mamotseki Molefe hul 71-jarige pa Saterdag doodgeskiet. 'n Derde suster is aanvanklik aangekeer, maar sy is nie aangekla nie. Die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, sê hul voorlopige ondersoek dui daarop dat die pa voor sy dood 'n beskermingsbevel teen sy kinders bekom het. Die saak is uitgestel tot 27 Augustus wanneer hulle formeel om borgtog aansoek sal doen. Hulle bly in aanhouding.
21 Aug 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min