Vier mense verskyn vandag in die Balfour-hof na hulle glo hul bejaarde pa vermoor

Loading player...
Drie susters en hul broer verskyn vandag in die hof in Balfour vir die beweerde moord op hul pa. Volgens die polisie in Mpumalanga is hulle tussen 36 en 45 jaar oud. Hul 71-jarige pa is Saterdag leweloos op sy rusbank ontdek. Hy is verskeie kere geskiet. Hy het vroeer 'n beskermingsbevel teen sy kinders gekry. Hulle is dieselfde dag in Heidelberg gearresteer.
20 Aug 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min