DA geskok dat munisipaliteit waterdiewens laat begaan in Rietkuil

Loading player...
Die DA het die stadsbestuurder van Steve Tshwete-munisipaliteit, Mandla Mguni, gevra om dringend die beweerde diefstal van water in Rietkuil te ondersoek. Stefan Smith, ‘n DA-raadslid, voer aan dat tenkwaens al vir ses maande water onttrek en na ‘n naburige myn vervoer. Hy sê die plaaslike owerheid het bevestig niemand is by magte om water uit die Rietkuil te onttrek nie, omdat die watertoevoer reeds onder druk is. Volgens Smith moes die munisipaliteit reeds teen die diefstal opgetree het.
19 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min