16 Mosambiekse vroue in Barberton gevonnis vir oortreding van die Immigrasiewet

Loading player...
16 Mosambiekse vroue is gister in die Barberton-landdroshof skuldig bevind en gevonnis vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Volgens die Valke se woordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, was hulle na vermoede onderweg na Johannesburg toe hulle Vrydagaand by Kaapmuiden aangekeer is sonder paspoorte of permitte om in die land te wees. Hulle is elkeen met 2-duisend-Rand beboet of ses maande tronkstraf opgelê, wat vir vyf jaar opgeskort is. Die hof het verder gelas dat hulle dadelik na Mosambiek gedeporteer word. Die 15 manlike beskuldigdes wat saam met hulle aangekeer is, verskyn weer op 20 Augustus in die hof.
14 Aug 2024 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min