Episode 25 | Dís hoekom die kerkargief jou storie soek

Loading player...
Die NG Kerkargief op Stellenbosch is die grootste van sy soort bergplek vir die argivalia van die land se grootste en oudste Afrikaanse kerk. Argiefbestuurder dr Andrew Kok en sy span het in die afgelope sewe jaar ook geslaag om van hierdie instansie ’n publikasiehuis te maak. Die argief se boekereeks is een manier om die wonderlike bronne in hulle besit ontsluit sodat mense dit kan gebruik en dat dit in leketaal verstaanbaar is vir die gewone mens. Maar, geskrewe bronne is natuurlik nie al bron van kennis binne die kerk nie. Mondelinge geskiedenis is ook ’n baie belangrike deel van geskiedskrywing en dit beland nie altyd in die kerkargief nie. Daarom is projekte begin soos Learn from Leavers saam met Kerkbode asook kuierdae om ou foto’s uit die sendingveld om die kennis en stories te probeer verkry wat in mense se kop leef.
14 Aug 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min