Episode 24 | Oor roeping, seerkry en genade | DJ en Nadia Muller

--:--
Die een het sy roeping gehoor onder ’n boom in Mosambiek. Die ander hare tydens ’n erediens in ’n kerkgebou. Na ’n paar interessante ompaaie het ds Nadia Muller haar man, DJ, onlangs as tentmakerleraar bevestig – boonop by die einste gemeente waar sy leraar is.

DJ werk ook as inhoudskepper by Kaapkerk en neem troufoto’s en video’s terwyl Nadia ook netbal afrig. Hulle is ook die ouers van twee pragtige dogtertjies.

Die twee besige mense vertel hulle storie. Van waar hulle ontmoet het as teologiese studente op die Universiteit van Pretoria se kampus. Getrou het en saam by hulle eerste gemeente op die Noord-Kaapse platteland begin bedien het. Hier was DJ die gemeenteleraar wat sy vrou as leraar bevestig het.

In die tien jaar sedert toe en nou lê ’n hele stuk leef. Onder meer ’n worsteling met presies wat roeping vir hulle elkeen beteken en ’n dankbare hart vir genade.
11 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel

Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word…
29 Sep 11 min

Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’

Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik…
22 Sep 20 min

Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’

So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en…
8 Sep 9 min