Mbombela toets Barberton se water na gerugte

Loading player...
Mbombela-munisipaliteit sê hulle toets tans die water in Barberton na gerugte versprei het dat dit moontlik besmet is met die bakterieë wat cholera kan veroorsaak. Monsters is verlede week geneem om die veiligheid van die water te bepaal, en hulle wag tans op die laboratorium-uitslae. Mbombela ontken egter gerugte dat die chemikalieë wat hulle gebruik om water te suiwer, verval het. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, sê meer inligting sal verskaf word sodra die toetsuitslae bekend is.
7 Aug 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min