Episode 23 | ‘Die Bybel troos my’ | Blinde veeltalige afgetrede prokureur (76) vertel sy storie

Loading player...
André Steyn van Worcester is blind gebore. Na hy sy regsgraad by Universiteit Stellenbosch verwerf het, het hy eers as advokaat en daarna vir baie jare as prokureur gepraktiseer.
Hy vertel die Bybel was vir hom altyd ’n troos. Op 76 hou hierdie inwoner van die organisasie Innovation for the Blind homself deesdae veral besig met Bybelstudie.
Sy een groot gemis al die jare was ’n Afrikaanse Bybel in brailleformaat met kantnota’s. Hy vertel dat hy van jongs af self wou lees wat in die Bybel staan (hy besit ’n Franse, Latynse en verskeie Afrikaanse vertalings van die Bybel). Daarom is hy so bly oor die 2020 Afrikaanse vertaling wat vir die eerste keer in brailleformaat ’n Afrikaanse Bybel bied met voetnota’s.
Die volledige stel van die 2020 Afrikaanse Bybel in brailleformaat bestaan uit 67 volumes van 8 082 bladsye. Dié Bybel is gedruk deur Pionierdrukkery en deur die NG Kerk se Wes-Kaapse Moderamen en die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gefinansier.
4 Aug 2024 Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Kollig episode 61: Dominee stap 800 km op soek na hoop

’n Dominee van Pretoria wou vanjaar, op 60 en met ’n hele paar hartklep- en skoueroperasies agter hom, sy sabbatsverlof gebruik om iewers vir 30 dae aaneen te stap. Nico Swart sê hy wou vir homself nuwe hoop losstap. Sy eerste gedagte was die Spaanse camino, maar toe hoor hy…
8 May 25 min