Episode 23 | ‘Die Bybel troos my’ | Blinde veeltalige afgetrede prokureur (76) vertel sy storie

--:--
André Steyn van Worcester is blind gebore. Na hy sy regsgraad by Universiteit Stellenbosch verwerf het, het hy eers as advokaat en daarna vir baie jare as prokureur gepraktiseer.
Hy vertel die Bybel was vir hom altyd ’n troos. Op 76 hou hierdie inwoner van die organisasie Innovation for the Blind homself deesdae veral besig met Bybelstudie.
Sy een groot gemis al die jare was ’n Afrikaanse Bybel in brailleformaat met kantnota’s. Hy vertel dat hy van jongs af self wou lees wat in die Bybel staan (hy besit ’n Franse, Latynse en verskeie Afrikaanse vertalings van die Bybel). Daarom is hy so bly oor die 2020 Afrikaanse vertaling wat vir die eerste keer in brailleformaat ’n Afrikaanse Bybel bied met voetnota’s.
Die volledige stel van die 2020 Afrikaanse Bybel in brailleformaat bestaan uit 67 volumes van 8 082 bladsye. Dié Bybel is gedruk deur Pionierdrukkery en deur die NG Kerk se Wes-Kaapse Moderamen en die Bybelgenootskap van Suid-Afrika gefinansier.
4 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Religion & Spirituality

Other recent episodes

Episode 31 | Oud-polisievrou vertel haar storie tot op die kansel

Thea Wait was vir 26 jaar ’n administratiewe klerk in die polisie en dolgelukkig in haar werk. Vandag is sy skriba en koster van die enigste NG gemeente op die Karoodorp Tarkastad. Hierdie eens skaam ma van twee tienerseuns is ook besig met verdere teologiese studie om predikant te word…
29 Sep 11 min

Episode 30 | ‘Die Bybel is vir my ’n genadeboek’

Die biblioteek van geskrifte wat ons ken as die Bybel is na 2000 jaar steeds ’n boek wat mense wil lees. Is dit vreemd? Nee, hy dink nie dit is vreemd nie. Die Bybel is ’n boek vir alle tye. Alle geleenthede. Maar dit is ’n Boek wat mens verantwoordelik…
22 Sep 20 min

Episode 28 | ‘Ek ervaar God in die natuur’

So sê langafstandatleet ds Alex Clark van die NG Gemeente Op-die-berg in Ceres. Ek gesels met hom en Kerkbode se redakteur, Le Roux Schoeman, oor hulle deelname aan ’n langasemprojek deur die Karoo wat hulle in die winter aangepak het om Kerkbode se 175ste bestaansjaar te vier. Kliek, luister en…
8 Sep 9 min