Ep. 12 - Laaiplek: "Covid het ons goed gedoen"

--:--
Die kommunikasiespan van Kaapkerk het die week die Kaap bietjie agter gelaat en die pad gevat langs die Weskus op, tot by Velddrif en Laaiplek. Na ‘n heerlike ontbyt jaffel by die hawe, het ons by die NG Kerk op Laaiplek gestop en die gemeente se dominee, Charl van Rensburg, ontmoet. Dit was bitter koud, so ons het in die kerkgebou in die son wat by die venster inskyn gaan sit en gesels. ’n Paar dinge in die gemeente het ons opgeval. Dinge soos die reuse bediening wat via WhatsApp daagliks plaasvind. Of iets soos die feit dat hulle elke Sondag hul eredienste met ’n FM-sender uitsaai vir die gemeenskap om die kerkgebou. Charl reken Covid het die gemeente gehelp om nuut te dink oor hoe bediening kan lyk. Ons wou bietjie meer hieroor weet.
31 Jul 2024 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 27 – Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai?

Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur? Ons gesels met dr. Yolinda Steyn,…
10 Sep 47 min

Ep. 26 - Pyle van die bose en die engel in Oekraïne

Tydens ’n onlangse besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne het ’n paar Suid-Afrikaners 'n groep vroue gaan ondersteun, veral rondom die sekondêre trauma wat hulle beleef. In hierdie episode vertel Dolf Du Plooy en Bernard Joubert hoe dit tans in Oekraïne lyk en hoe hulle sin maak van hul belewenisse. ’n…
6 Sep 46 min

Ep. 25 - Cohen-konferensie: Alles het ’n kraak en die lig skyn daardeur

As jy die naam Leonard Cohen hoor, is daar waarskynlik twee moontlikhede. Óf jy ken hom as die growwe stem wat soos Bybelverse oor jou spoel. Óf jy onthou hom in Shrek, waar die treffende lied “Hallelujah” die wêreld se kinders (en grootmense) aangegryp het. Sy musiek is ryk aan…
19 Aug 14 min

Ep. 24 - Nasionale Dialoog: Passie, aggressie en energie

Ons gesels met Braam Hanekom oor sy bywoning van die eerste sitting van die Nasionale Dialoog. Hy het namens die Hoop en Versoening Trust daar gaan luister, deelneem en sy eie indrukke gevorm van wat besig is om in hierdie proses te gebeur. Die dialoog het duidelik ’n mengsel van…
18 Aug 15 min

Ep. 23 - Deidre Jaftha: "'n Meisie soos ek, uit 'n area soos daai"

Deidre Jaftha is ’n 24-jarige aspirant radio-omroeper en mentor by die Echo-huis in die Paarl. Sy het haar ma op tienjarige ouderdom verloor, maar danksy inspirerende vroue wat as rolmodelle opgetree het, is sy vandag self ’n bron van inspirasie en bemagtiging vir ander jong vroue. Een van die maniere…
30 Jul 16 min