Mpumalanga premier beloof groot belegging in infrastruktuur

Loading player...
Die premier van Mpumalanga, Mandla Ndlovu, het tydens sy provinsiale rede vandag beloof om die provinsie in ‘n bouterrein te omskep en miljarde Rande aan infrastruktuur te bestee. Die DA in die provinsie het die aankondiging verwelkom. Die party se koukus-leier in die wetgewer, Bosman Grobler, sê hy het ook 400 behuisings-geleenthede beloof, sowel as die bou van 20-duisend individuele eenhede en diensverskaffing aan 25-duisend lokale. Die DA is egter teleurgesteld dat hy nie MEGA gaan ontbind, ‘n nuwe polisiestasie in Pienaar bou of ‘n skool vir Blindes en Dowes oprig nie.
31 Jul 2024 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min